Skool / School

Tuis

Baie Welkom by Karel Kraai Skool!

Ek is bevoorreg om daagliks my passie uit te lewe, naamlik om te deel in die opvoeding van klein kindertjies -”Kids are my business.”

Gedurende my 33 jaar as opvoeder en hoof van Karel Kraai, was daar oomblikke en insidente wat soos skilderye in my gallery van kosbare herinneringe hang.  Ek dank die Heer vir elke klein kindjie wat aan my toevertrou word.  Karel Kraai poog om by te dra om daagliks stene vir stewige fondasies te kan lê.

Ek is bevoorreg om deel te kan hê in die pret van dierbare sê-goed wat ons kinders met ons deel.  Ek is ook baie dankbaar vir kosbare tye saam met wonderlike ouers en kleuters.

Ek is baie dankbaar en bevoorreg vir omgee-personeel wat my help om elke dag ‘n impak op die kindertjies te kan maak.

Die volgende woorde is kosbaar en goed om te onthou: “Life is short – live it, love is rare – grab it, anger is bad – dump it, fear is awful – face it, memories are sweet – cherish it.”

My wens vir elke Kraaitjie:  “Glo in jouself en moet nooit ophou droom nie.”

Die skoolhoof, personeel en komitee heet u hartlik welkom en vertrou dat die jare saam met ons onvergeetlik sal wees.

Ons Waardes

  • Respek
  • Dissipline
  • Roetine
  • Goeie maniere
  • Hoflikheid
  • Omgee vir mekaar

Ons Visie

Karel Kraai Skool het gelukkige kleuters, ouers en personeel.  Ons onderneem om te alle tye onderrig van hoogstaande gehalte te lewer.

Ons Missie

By Karel Kraai Skool glo ons dat:

  1.  ons ons oë daagliks op ons Hemelse Vader moet vestig
  2. dissipline die basis vorm van alle opvoeding
  3.  gesonde verhoudings met liefde en omgee vir mekaar ondersteun moet word
  4.  goeie maniere en wedersydse respek ononderhandelbaar is
  5.  ons ‘n veilige leerinstansie aan ons kleuters moet skep, om elkeen na gebalanseerde volwassenheid te lei
  6.  hier  boelie, skop, spoeg, byt en vloek ons nie!

Laai gerus ons PROSPEKTUS hier af

Spoghoekie

1. Caitlynn Steenkamp: Hoofdogter Noord Eind Laerskool 2017, Dux Leerling Gr6 en Sportvrou van die Jaar - 2016

 

2. Mari Bester: Prefek Noord Eind Laerskool 2017

 

3. Dr Kirsten Collins: Veearts 2016

 

4. Ankia Lambrechts en Emma la Grange - Uitsonderlike prestasies in Gimnastiek

 

5. Cleto van Rooi - Dans een van die hoofrolle in Peter Pan in die Arts Cape